"Die Bidder" deur CHARL DURAND [boodskap #24989] |
Thu, 29 July 1999 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2173 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
DIE BIDDER
Charl Durand
as ons tent opslaan
langs die M1 naby Midrand
onthou, ons sal vir jou bid
ons gaan hande oplê,
ons gaan saam met die Hammond sing
vriend, ons gaan vir jou bid
o, laat die heiliges verskyn
stof trap oorkant die heining
hulle weet wat vir hulle wag
die res,
laat hulle maar lag
as jy skuld het, kom bely
as jy jou vrou slaan
dis hier waar jy kan kom skaam kry
want hierdie is jou blinde oomblik
hier, jou grot, jou skuilplek van vergifnis
|
|
|
Re: "Die Bidder" deur CHARL DURAND [boodskap #24990 is 'n antwoord op boodskap #24989] |
Thu, 29 July 1999 00:00 |
Daniel
Boodskappe: 68 Geregistreer: July 1996
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Gloudina, ek het probeer om direk na jou 'n brief te stuur, maar die sisteem
laat dit nie toe nie!
Dankie vir jou gedigte, dit laat my lekker kry....en verlang....
Doet so voort!
Jan van Perth.
(IBICF)
djle...@bigfoot.com
ICQ 21792471
>
|
|
|